|
Welkom by Help Seniors |
|
Die kampioene vir Suksesvolle Veroudering |
|
( Vir 'n beter besoek aan ons webblad gebruik Internet Explorer) |
|
Help Seniors is ‘n nie-winsgewende organisasie wat ouer persone help om vir so lank as moontlik onafhanklik, diensbaar en met waardigheid as gelyke burgers in hul gemeenskappe te woon.
Vrywilligers, donateurs, fondswerwers en besigheidsvennote help om fondse en daaglikse gebruiksitems in te samel. Hierdie hulpbronne, in vennootskap met dienste-vennote en ander rolspelers, stel ons in staat om die volgende dienste aan ouer persone te lewer : |
-
Voorsien in die basiese behoeftes, bv. veilige, bekostigbare behuising en maaltye.
-
Bemagtig ouer persone tot onafhanklikheid en met inligting en raad.
-
Lesings en programme (bv. Gerontologie, Lewe 2) om Suksesvolle Veroudering te bevorder.
-
Menseregte waghond.
-
D ra ‘n positiewe beeld van ouer persone en ouer word uit.
-
Gee gereeld terugvoer aan donateurs. |
| Ons ontsluit ouer persone se onmisbare potensiaal en wysheid in diens van die gemeenskap! |
|
|
|
|
|
|