1. Behuisingsfonds
Minder bevoorregte ouer persone se opsies gaan toenemend minder word in terme van veilige,
bekostigbare behuising. Help Seniors het 'n Behuisingsfonds gestig om hawelose, mishandelde
en verwaarloosde Ouer Persone te hervestig na behuisingsprojekte met bewese reputasies.
(Kliek hier vir volledige inligting).
2. Pretoria Middestad: Behuisingsprojek
Hierdie vyfverdieping fasiliteit se hysbak is reeds 40 jaar oud en moet vervang word. 'n Fonds is op die been gebring vir dié doel. Projekte gelei deur vrywilligers saam met inwoners is een manier om die fonds te stu.
3. Centurion: Dienssentrum
Die dienssentrum verskaf etes aan 120 ouer persone en, as gevolg van die verhoogde voedsel pryse, moet etes nou gesubsidieer word. Die subsidie ter sprake is R6 000 per maand.
4. Mamelodi, Soshanguve en Atteridgeville: Middagete Klubs
By middagete klubs kry ouer persone meer as net 'n bord kos, maar die verhoogde voedsel pryse
bemoeilik die verskaffing van die één goeie maaltyd per week aan klublede. Die gevolg is dat klublede traag is om by te woon en sodoende vereensaam hulle.
Vir meer inligting, Kontak Ons