Sunday, May 20, 2012
Home Tuis

 Inleiding


Help Seniors het ontstaan omdat duisende Ouer Persone in Suid-Afrika nie die voorreg van Suksesvolle Veroudering kan geniet nie. Hulle is grootliks aan hulself oorgelewer om te oorleef. Baie is in nood omdat hulle bronne voortydig opgeraak het. Vir die meeste Ouer Persone is dit ondenkbaar om hulp van hul kinders te vra, daar is min hulp van die regering en welsynsorganisasies worstel finansieel om die mas op te kom. 

Help Seniors is in Maart 2006 uit nood gebore en het sy ontstaan te danke aan ‘n groep besorgde gemeenskapsleiers met jare lange kennis en ervaring van die situasie van Ouer Persone in Suid-Afrika.

Help Seniors is ‘n Christen-organisasie wat daartoe verbind is om Ouer Persone met respek en waardigheid te behandel. 


Visie, Missie en Doelwitte

Ons   Visie ...   

Ouer Persone in Suid-Afrika kan met waardigheid en respek vir so lank as moontlik onafhanklik in die gemeenskap woon   

Ons   Missie ...      

Om dienste van uitnemendheid te ondersteun sodat  Ouer Persone hul volle potensiaal kan bereik en ‘n kwaliteit lewe kan lei

Ons Doelwitte ... 

word nagestreef binne die konteks van sosio-ekonomiese en lewenskwaliteit vir Ouer Persone

  • Ontwikkel en onderhou vennootskappe met diensverskaffers en strategiese rolspelers
  • Werf en ken menslike- en finansiële hulpbronne toe.
  • Beskerm die belange van donateurs en waarborg gereelde terugvoer oor hoe fondse aangewend is
  • Streef daarna om ‘n positiewe beeld van Ouer Persone en die organisasies wat ons ondersteun uit te dra
  • Finansiële ondersteuning aan dienste met die volgende oogmerke:
    • Kwaliteit inligting aan Ouer Persone verskaf om ingeligte besluite te kan neem
    • Geleenthede om te leer
    • Beskerming teen uitbuiting, mishandeling en verwaarlosing
    • Genoegsame en bekostigbare skuiling en sorg
    • Geleenthede vir selfhelp- en entrepreneurs projekte

 

Strategiese 
Vennote 

 humanrights.png

 age.gif
   

 Interest group for Retirement Villages

 National Forum for Older Persons

©CmyWebsite 2008