Sunday, May 20, 2012
Home Tuis

Die Span
Passievolle en toegewyde persone vorm 'n span met Ouer Persone as hoof doel. 

 Mnr Syd Eckley: 

 Foto.Syd.jpg

Syd Eckley is al vir die afgelope 37 jaar ‘n kampioen vir Ouer Persone. Sy hoog geagte loopbaan en noue betrokkenheid op vele gebiede getuig van sy toegewydheid. Hy het in 1979 kwalifiseer as ‘n Maatskaplike Werker (MSocSc) en het in 1994 ‘n Diploma in Gerontologie by hierdie kwalifikasie gevoeg.

Sy kennis oor aktiewe veroudering, wetgewing aangaande Ouer Persone, sy aktiewe en uitvoerende betrokkenheid by relevante organisasies, sy omgee vir Ouer Persone en vele meer, inspireer die res van die span.

Syd is ‘n stigterslid en Voorsitter van Help Seniors.

Mev Rika Kruger:

 FotoRika.jpg

Rika is al ‘n geruime tyd betrokke by Ouer Persone.  Sy is lid van die Gauteng Provinsiale Wetgewer: Maatskaplike Ontwikkeling.
 
Dit getuig van haar groot besorgdheid vir die welstand van Ouer Persone
.

Mnr Lodie van Staden:

 Lodie.jpg

Ten spyte van die feit dat Lodie die jongste lid van die span is, is sy passie vir Ouer Persone ‘n bate vir Help Seniors. Hy is lid van verskeie forums wat gefokus is op Ouer Persone sake. 

Hy glo dat elke individu beheer moet neem van sy of haar eie toekoms - die jonger generasie gaan dit nie doen nie.

Mev Anneke Liebenberg:

Foto.Anneke.jpg 

Anneke se passie vir Ouer Persone en hulle welstand het ingetree nadat sy die korporatiewe węreld verlaat het en betrokke geraak het by Ouer Persone.
 

Sy het by Help Seniors aangesluit kort na die stigting en sedertdien toegewyd gewerk om ‘n broodnodige bron van hulp wat geleenthede aan Ouer Persone gee om Suksesvol te Verouder, daar te stel.


Mev Rae Labuschagne - 'n Vriend: 

FotoRea.jpg 
Rae het aanvanklik gegradueer as Arbeidsterapeut en praktiseer vandag as Gerontoloog met ‘n spesiale belangstelling in demensies.

Sy was bevoorreg om wonderlike grootouers te hę wat ‘n diepgewortelde respek, liefde en belangstelling in Ouer Persone by haar tuisgebring het. 
 

Mev Isa Aucamp - 'n Vriend:

Foto.Isa.JPG 

Isa is ‘n afgetrede onderwyseres en wy die meeste van haar tyd en energie aan ander en sake van belang, bv die omgewing.

Sy is oortuig daarvan dat almal vir Ouer Persone moet omgee en gerespekteer word vir hulle bydrae in die toekoms van die jonger generasies.

Ds Hannes Swanepoel (Rus-in-Vrede):

 FotoDsHannes.jpg
Gebore in 1927, was dominee Hannes waarskynlik die heel oudste fondswerwer/gholfdag organiseerder in Suid-Afrika - ‘n merkwaardige voorbeeld van Suksesvolle Veroudering!

Hy het sy lewe gewy aan diens aan sy medemens en het ‘n intense belangstelling in Ouer Persone gehad.  Sy toegewydheid het die res van die span dikwels verstrom - ongeag die omstandighede, het hy voortgegaan om Ouer Persone te dien.
 Ds Swanepoel is op 19 Februarie 2010 oorlede en daar is besluit om, ter nagedagtenis aan hom, voort te gaan met die "Hannes Swanepoel Gholfdag".
Ons gaan hom baie mis!  Kliek hier om n voledige huldeblyk te lees.
 

 

 

©CmyWebsite 2008