|
| Wie baat daarby? |
| Alhoewel Help Seniors geen dienste lewer nie, is alle begunstigdes Ouer Persone in nood. Ons samel die fondse in en ons Dienste Vennote wend die fondse aan waar dit die meeste nodig is. Projekte wat Suksesvolle Veroudering bevorder en nie subsidie van die staat ontvang nie, word ondersteun:
- Finansiële ondersteuning vir projekte wat sal meebring dat Ouer Persone onafhanklik in die gemeenskap kan woon.
- Ondersteuning vir Ouer Persone in nood: mishandeldes en verwerptes, verwaarloosdes en eensames, haweloses en die wat verswakte- of tuisversorging nodig het.
- Ondersteuning vir Ouer Persone wie verantwoordelik is vir die versorging van kinders. (Bemagtig ‘n Ouer Persoon en kinders trek ook voordeel!)
- Finansiële ondersteuning vir projekte wat entrepreneurs of selfhelp bevorder.
|
|
Hierdie is die vergete geslag wat ons graag wil bemagtig. Ons wil hulle waardigheid vir hulle teruggee, en hul Suksesvolle Veroudering verseker sodat hulle ‘goed kan klaarmaak'.
|
 |
Verskeie behuisingskemas bied ‘n tuiste en waardigheid aan ongeveer 400 Ouer
Persone. Inwoners bly in enkel- of dubbelkamers en betaal hul huur met
hul pensioen. Dit is nie naastenby genoeg nie. Onderhoud van geboue word nie hierby ingereken nie.
Verskeie aktiwiteite, ‘n biblioteek, praatjies rakende oudword, maaltye,
entrepreneursprojekte, beskutte arbeid, ens. word aangebied. Inwoners vervul
baie van die huishoudelike take self.
|
|
Agtergrond en Uitdagings waarmee Ouer Persone gekonfronteer word
Die getal Ouer Persone in Suid-Afrika groei die vinnigste in Afrika. In Suid-Afrika is die persone ouer as 65 jaar ongeveer 3.5 miljoen.
Persone ouer as 80 jaar het die afgelope 10 jaar met 79% gegroei, terwyl persone ouer as 100 in dieselfde tydperk met 189% gegroei het.
Die groei in die getal van Ouer Persone tussen 1996 en 2006 is 16.5%.
Die demografie soos hierbo genoem sal oor die verloop van die volgende twee dekades verander. Daar word verwag dat hierdie syfer na meer as 5 miljoen sal vermeerder - ‘n vermeerdering van meer as 80%.
Werklose familielede en kinders leun swaar op Ouer Persone vir oorlewing. Ouer Persone (meestal vroue) is die hoofde van ongeveer 20% van alle huishoudings in Suid Afrika. ‘n Groot aantal Ouer Persone wie verswakte versorging nodig het, word geforseer om in die gemeenskap te woon, omdat ouetehuise en ander versorgingsinstansies ontoe-ganklik is vir hulle.
|
|
‘n Baie ernstige probleem is die mishandeling, uitbuiting en verwaarlosing van Ouer Persone, veral van diegene wie nie in beskermende omgewings woon nie.
Tans woon ongeveer 141 000 Ouer Persone (ouer as 60) in Tshwane Metropool - amper 5% van die totale bevolking. Van hulle het ongeveer 14 000 hulp en ondersteuning nodig om te oorleef. Ons meen dat 6 000 van hulle in die haglikste omstandighede denkbaar, leef. |
|
Uitdagings sluit dus in:
-
gebrek aan veilige en bekostigbare behuising,
-
ontoeganklike mediese versorging,
-
uitbuiting, verwaarlosing en/of mishandeling deur versorgers en familie,
-
beperkte toegang tot versorgingsinstansies,
-
‘n verskeidenheid gestremdhede,
-
voortydig opgedroogde bronne en
-
versorging van kinders en werklose familielede.
|
|
Sowat 2 500 Ouer Persone trek voordeel uit die Gemeenskapsdiens: dienssentrums, behuising, noodleniging, entrepreneursprojekte, tuisversoring
en maatskaplike werk is van die vele aktiwiteite.
Hulle het ook ‘n kleuterskool in Olivenhoutbos.
Aktiwiteite by die dienssentrums sluit primêre gesondheidsorg, oefeninge, opvoedkundige praatjies oor sake wat Ouer Persone aangaan, maaltye, entrepreneurs- projekte, ens. in. Vrywilligers speel ‘n belangrike rol in die volhoubaarheid van hierdie die dienste. |
 |
|
|
|
 |
Ongeveer 1 000 Ouer Persone vergader
een of twee keer 'n week by
verskeie middagete klubs.
Hulle doen handwerk, ontvang
lesings oor sake wat Ouer Persone
raak, beplan en voer hul entrepreneursprojekte
uit, ens. Hulle sosialiseer
en geniet ‘n maaltyd, waarskynlik
die enigste een vir die week.
Die grootste gedeelte van hul
pensioen spandeer hulle aan die versorging van familielede soos
kleinkinders en werkloses.
Met die bietjie wat hulle het, help hulle ook ander Ouer Persone in nood. |
|
Vir 90 hawelose Ouer Persone bied hierdie tuiste ‘n laaste uitkoms. Toeganklikheid tot ander versorging instansies is
buite die kwessie vir hulle.
Hier ontvang hulle skuiling, drie maaltye
‘n dag en versorging.
Inwoners wat ‘n pensioen ontvang, betaal huur. Inwoners wie
kan, verrig baie van die
take self. Ongeveer 14 Ouer Persone
het verswakte versorging nodig. Die
volhoubaarheid van hierdie tuiste word
ernstig bedreig deur die gebrek aan
fondse, en terselfdertyd groei die vraag
na hul diens.
|
|
|

Die gemeenskap word
ontwikkel deur middel van
middageteklubs en sentrums
waar ongeveer 1 500 Ouer
Persone geleentheid het om
hul lewenskwaliteit te verbeter
deur betrokke te raak in
opvoedkundige praatjies, entrepreneurs-
projekte, sosialisering, ens.
Die bemiddeling van regte vir
Ouer Persone speel ‘n belangrike
rol in die betrokke organisasie
se aktiwiteite. |
|
'n Verswakte versorgingseenheid, tuisversorging, dienssentrums en ‘n kleuter-skool is sommige van die
dienste wat aan 400 Ouer Persone
en kinders aangebied word.
Aktiwiteite by die sentrums is op gemeenskaps-
ontwikkeling gerig: opleiding,
opvoeding, groentetuine, handwerk en entrepreneurs-
projekte is van die aktiwiteite
wat aangebied word. |
 |
|
|
|
|
Eersterust
|
|
Hierdie fasiliteit bied versorging aan ongeveer 45 Ouer Persone. Sommige inwoners is semi-verswak en ‘n groot persentasie het geen ander heenkome nie. Inwoners word, waar moontlik, betrek by die dag-tot-dag take van die tehuis. Die groentetuin is die groot trots van die inwoners en bestuur. Inwoners ontvang drie maaltye per dag, mediese versorging, stimulasie en baie liefde. |
|
|
|
|
 |